Sitrusoes swakker as verlede jaar

10 December 2016  Read: 839

 

Die opbrengs van vanjaar se sitrusoes in Letsitele en Hoedspruit is aansienlik swakker as wat aanvanklik bepaal is, met ‘n daling van tussen 30% en 45% by sekere groot produsente.

Die gehalte was goed, maar die vrugte was kleiner en boorde het heelwat minder gedra. ‘n Aansienlike deel van die oes kon nie uitgevoer word nie en is vir versapping bemark.

In ander streke was die oes ook kleiner, maar met geringe verskil teenoor verlede seisoen. Sagte sitrus het ‘n goeie jaar agter die rug en het aansienlik gegroei teenoor die syfers vir 2014 en 2015.

Die Sitruskwekersvereniging (CGA) hou sy volgende spitsberaad op 8 Maart in die OosKaap, waar dr Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverhoudinge die hoofspreker sal wees. Hy sal praat oor “SA’s next ten years: the rise of the right.”

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first