Nuwe pes

15 February 2017  Read: 248

 

Kommandowurms is in aantog uit Suid-Afrika se buurlande en moet dringend gestuit word in hul vernie-tigingspad voor dit te laat is.

Dit is nie die Afrika-kommandowurm nie, maar ‘n verwante spesie wat van Suid-Amerika in Afrika beland het en groot skade aanrig. Zambië is eerste getref en minstens tien persent van die land se mielie-oeste is reeds deur die plaag vernietig. Dit is die Spodoptera frugiperda, ook bekend as die herfs-kommandowurm.

Die wurm is die eerste keer in 2016 in Wes- en Sentraal-Afrika gewaar, waarna dit na Burundi, Zambië, Zimbabwe en Malawi versprei het. Zambië het dit  as ‘n nasionale ramp verklaar, terwyl sewe uit die agt mielieproduse-rende provinsies in Zimbabwe ook deur die pes besmet is.

Die wurm is baie aggressief en val nie net plantegroei aan nie, maar sal selfs Afrika-kommandowurms verorber. Dit kom gewoonlik met die eerste reëns na ‘n lang droogtetydperk voor.

Kenners maan dat Suid-Afrika se grense met sy noordelike bure fyn dopgehou moet word. Voortdurende veldondersoeke is ook nodig om die voorkoms daarvan te bepaal. Sodra die geringste vorm daarvan sy verskynsel maak, moet owerhede ingelig word om te help keer dat dit in ‘n plaag vermenigvuldig.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first