Spanspek sal nooit weer dieselfde wees nie!

10 October 2017  Read: 81

 

Verbruikers koop dikwels spanspek met hoë verwagtinge.  Ongelukkig word hulle dikwels teleurgestel, wat die verkope van hierdie vrugte benadeel.  Met die vrystelling van Sakata se nuutste genetika in spanspek, Majestic, gaan spanspekke nooit weer dieselfde wees nie!  Met hierdie ontwikkeling wat oor ongekende smaak, gehalte, opbrengs en raklewe beskik, sal ‘n teleurgestelde verbruiker iets van die verlede wees.

In die verlede was die spanspek mark beperk tot slegs een van die volgende kenmerke: raklewe, opbrengs of smaak.  Dit is dus baie goeie nuus vir beide die produsent en verbruiker dat Sakata se nuwe variëteit, Majestic al drie hierdie kenmerke insluit.  Majestic is ‘n langraklewe spanspek, wat beteken dat die produsent oor ‘n langer tydperk kan oes, dat die spanspek oor langer afstande vervoer kan word, asook dat die vrugte steeds vars is wanneer dit op die verskaffer se rakke en uiteindelik in die verbruiker se kombuis beland.

Tipiese langraklewe spanspek moes nog altyd inboet op smaak en was dus nog nooit ‘n gunsteling onder verbrui-kers wat uitsien na die sappige, soet sensasie van die spanspek van ouds nie.  Majestic is egter anders – hierdie variëteit beskik oor uitstaande houvermoë sonder om die soet smaak, diep-oranje aantreklike kleur en kwaliteit, waarna verbruikers smag, te weerhou.

Die produsent sal ook nie ‘n fout maak om Majestic in te sluit in sy plantprogram nie.  Majestic beskik oor ‘n baie goeie opbrengspotensiaal en as gevolg van sy houvermoë, laat dit die produsent toe om die oestyd met ‘n paar dae uit te stel indien nodig.  Die sterk plante maak die variëteit meer aanpasbaar teen klimaats omstandighede asook meer bestand teen siektes.   Die vrugte is baie eenvormig wat uitpakpersentasies voordelig beïnvloed.

Majestic beskik verder oor uitsonderlike interne kwaliteit met ‘n klein saadholte.  Die vleis is ‘n diep-oranje kleur met ‘n baie ferm tekstuur en volgehoue hoë suikervlakke (Brix) tussen 13 en 15 %.  Wanneer Majestic se smaak vergelyk word met ander standaard langraklewe spanspekke, staan Majestic ver uit bo die res.  Die aantreklike, eenvormige vrugte van Majestic beskik oor ‘n algemene gewig wat wissel tussen 1.8 en 2.5kg.  Majestic is aangepas vir warmseisoen produksie binne areas regoor Suid-Afrika.  Die plante is baie groeikragtig en vorm ‘n goeie blaarbedekking wat die vrugte teen die son beskerm.  Die variëteit het verder die vermoë om ‘n uitstekende net te vorm, selfs in die koeler seisoen.  Majestic het ook baie goeie siektebestandheid, met hoë bestandheid teen Fusarium en Poeieragtige meeldou, wat verseker dat die plante sterk en gesond bly regdeur die groeiseisoen.

Sakata het ook onlangs vir Dulce Nectar* vrygestel – ‘n vroeë bekwame Honeydew tipe spanspek.  Dulce Nectar* is uiters geskik vir vroeë en laat seisoen aanplantings.  Die plante is baie groeikragtig met goeie blaarbedekking wat die vrugte teen sonbrand beskerm.  Dulce Nectar* beskik oor ‘n uitstekende setvermoë met ‘n baie goeie opbrengspotensiaal.  Die vrugte is rond tot ovaalvormig met ‘n algemene vruggrootte van 2.0 tot 2.5kg.  Die vleis is baie ferm met uitstekende suikervlakke (brix).  Dulce Nectar* het hoë siekteweerstand teen Fusarium verwelk ras 2 en intermediêre weerstand teen Poeieragtige meeldou rasse 1 en 2.  

Vir meer inligting oor Sakata se spanspekke of sommer die totale produkreeks, besoek gerus die webwerf by www.sakata.co.za.

Eksperimenteel:  Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivar lysting.

AFWYSENDE KLOUSULE:  Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer.  Aangesien gewaspre-stasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omge-wing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen  waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse  relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan.  Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first