Boer op Jonkmansspruit doodgeskiet

20 November 2017  Read: 4103

 

“Wat maak julle hierso?” Dit is die laaste woorde wat Christo Redelinghuys (60), gespreek het voor hy koelbloedig in die bors met ‘n haelgeweer geskiet is. Die voorval het op sy plaas, Jonkmansspruit, net buite Hoedspruit omstreeks 20:15 gisteraand gebeur. Hy is kort daarna op die toneel oorlede.

Vroeër die aand het Christo saam met een van sy dogters, Retha (30), oudergewoonte hul plaashek gaan sluit. Hul drie brakkies was reeds in die huis. Oppad terug van die hek af na hul huis toe, het die paartjie in drie mans buit hul kombuisdeur vasgeoop. Christo het die mans gevra wat hulle daar soek en sonder antwoord het een van die mans hom in die bors met ‘n haelgweer geskiet.

Retha, het na bewering skuins agter haar pa gestaan ten tye van die voorval en het hom dadelik in die huis in gesleep. Die drie booswigte het dadelik na die skietery gevlug en ‘n polisiesoektog is geloots.

Bulletin het die gebeure met Lt Kol Moatshe Ngoepe, die SAPS woordoerder, bevestig. Op hierdie stadium is die gebeure nog rou in die gemeenskap en sal ons later met die gesin kan gesêls om informsie oor die begrafnisdiens te publiseer.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first