Merensky top 10 spog met 66 onderskeidings

09 January 2018  Read: 799

 

Die graad 12-leerders en -onderwysers van Hoërskool Merensky het weereens hul akademiese uitnemendheid bewys deur tydens die 2017 matriekeindeksamen, ‘n 100% slaagsyfer te behaal vir die vierde agtereenvolgende jaar.

Verder het die top 10-leerders hul akademiese krag ten toon gestel deur saam ‘n allemintige 66 onderskeidings in te palm.

Valeriia Avdysh, het ‘n gemiddeld van 92,1% en agt onderskeidings in Engels huistaal, Afrikaans addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe losgeslaan.

Sy is ook uitgenooi na die provinsiale perskonferensie en prysuitdeling waar sy gekroon is as die nommer 23 beste presteerder in Limpopo. Lera, soos haar vriende haar noem, se droom is om medies te gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en uiteindelik ‘n neurochirurg te word.

Vier Plasies het sewe onderskeidings op hul kerfstok:

Belinda Nzadi (Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, inligtingstegnologie, ekonomie en fisiese wetenskappe)

Marlu McLean (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe)

Jenna Devenish (Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, ekonomie en fisiese wetenskappe)

Haley Stephenson (Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, inligtingstegnologie, rekenaartoepassingstegnologie, ingenieursgrafieka en ontwerp en fisiese wetenskappe).

Leerders wat ses onderskeidings behaal het is:

Amelia Middleton, Elzette van Dyk, Chris Bill, Eljana Fleischmann en Dineo Shokane.

Vyf Onderskeidings is behaal deur:

Zenelde Schoeman, Chelsea Schlebusch, Lize Crafford, Britney Chu en Danellé van Heerden en Clariska Venter.

Karabo Sedutla en Melany Hlongwane het vier onderskeidings elk behaal.

Dié Plasieklas van 2017 het as groep nie minder nie as 282 vakonderskeidings en 97,6% van die leerders het toegang tot verdere graad- en diplomastudies.

Mnr. Magnus Steyn en Hoërskool Merensky wens elke graad 12-leerder, onderwyser en ouer geluk – uitslae soos hierdie is ‘n bewys van harde werk en deursettingsvermoë.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first