Vossies spog met 212 Vakonderskeidings

09 January 2018  Read: 654

 

Die Hoërskool Ben Vorster het sy - reeds gevestigde - reputasie as instelling vir akademiese uitnemendheid gestand gedoen deur vir die soveelste agtereenvolgende jaar uitsonderlike matriekuitslae te behaal.

Die Graad-12 groep vir 2017 het weereens hul kwota van top prestasies behaal deur harde werk en leiding deur goed opgeleide en ervare onderwysers. Ben Vorster se 2017 matriek-groep spog vanjaar met ‘n 97% slaagsyfer.

Die skool is tydens die Provinsiale Prysuitdelingsfunksie in Polokwane, aangewys as een van die “Top 20 Best Performing Public Schools” in Limpopo. Ben Vorster behaal die 11de posisie. Die “Top 20 Best Performing Public Schools” word bepaal op grond van die aantal leerders, en nie die persentasie nie.

 ‘n Uiteensetting van die uitslae van 151 kandidate:

* 212 vakonderskeidings

* Persentasie wat aan universiteitsvrystelling voldoen is 71,23%

* Persentasie wat aan diploma vereistes voldoen is 23,97%

* Persentasie wat aan hoër sertifikaat vereistes voldoen is 4,79%

 

Die volgende Vossies het uitgeblink:

 

7 ONDERSKEIDINGS (2):

De Wet Vorster (gem. 87,9%): AFRHL, ENGFA, MATH, LIFE, GRDS, LFSC, PHSC

Phuti Sako (avg. 86,4%): SEPHL, ENGFA, MATH, LIFE, ACCN, LFSC, PHSC

 

6 ONDERSKEIDINGS (2):

Gerhard Bezuidenhout: ENGFA, MATH, LIFE, ACCN, LFSC, PHSC

Shalom Ngobeni: XITHL, ENGFA, MATH, LIFE, ACCN, ECON

 

5 ONDERSKEIDINGS (7):

Kara Greyling: AFRHL, ENGFA, LIFE, GEOG, LFSC

Wian Jacobs: AFRHL, ENGFA, LIFE, BSTD, GEOG

Mpho Maloba: SEPHL, ENGFA, LIFE, ACCN, LFSC

Melissa Naudé: AFRHL, ENGFA, LIFE, ECON, LFSC

Nicole Swardt: MATH, LIFE, ACCN, LFSC, PHSC

Annemarie Venter: ENGFA, LIFE, ACCN, LFSC, PHSC

Bernard Vermaak: ENGFA, MATH, LIFE, GRDS, PHSC

 

4 ONDERSKEIDINGS (7):

Lizaan Geldenhuys: ENGFA, LIFE, CATN, LFSC

Faith Maluleke: XITHL, ENGFA, LIFE, LFSC

Mulaedza Netshiongolwe: ENGFA, MATH, LIFE, LFSC

Engetani Nghenabo: XITHL, ENGFA, LIFE, LFSC

Jozette Oosthuizen: AFRHL, ENGFA, LIFE, ACCN

Adriaan Roets: MATH, LIFE, GRDS, PHSC

Renaldo van Rensburg: ENGFA, LIFE, GRDS, GEOG

 

3 ONDERSKEIDINGS (10):

Dian Bovill: ENGFA, LIFE, VSLA

Miha de Jager: ENGFA, LIFE, ECON

Emjé Gebhardt (De Nysschen): ENGFA, LIFE, GRDS

Judy Makwela: SEPHL, ENGFA, LIFE

Shannon Mulder: ENGFA, LIFE, VSLA

Ndavi Nokeri: ENGFA, LIFE, ECON

Poula Ntuli: ENGFA, LIFE, LFSC

Willem Roos: LIFE, LFSC, PHSC

Nina Rudman: ENGFA, LIFE, VSLA

Vongani Shikwambana: ENGFA, LIFE, LFSC

‘n Totaal van 13 leerders het elkeen twee onderskeidings behaal terwyl 67 leerders een onderskeiding elk ingepalm het.

Hoërskool Ben Vorster se hoof, Mr. Chris Denysschen, is baie trots op Graad 12-groep van 2017 en wens graag elke Graad 12 leerder geluk. “Dankie vir harde werk en toewyding. Baie geluk ook aan die ouers en dankie vir al julle insette. Dit bewys dat harde werk deur bekwame personeel en toewyding van leerders, uitloop op sukses. Daar word met verwagting uitgesien na die groep van 2018 se matriekuitslae.”

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first