Maluma steeds koningsvrug

13 March 2018  Read: 354

 

Die 2018 Maluma Dag vieringe het Woensdag op die terrein van Hoërskool Merensky afgeskop. Hierdie jaarlikse bymekaarkoms, is ‘n saamtrek van avo-produsente en rolspelers uit die kommersiële landbousektor. Hierdie is die agste jaar wat dié populêre dag aangebied is deur Dr Andre Ernst en sy seuns Edrean en Zander van Allesbeste boerdery. Woensdagoggend het met toesprake deur internasionale gasprekers afgeskop, waarna Dr Ernst self ook oor die suksesse van die Maluma gepraat het. Dit het gepaard gegaan met referate en boordbesoeke in die omgewing wat klem gelê het op die betekenisvolle bydrae wat dié kultivar op die wêreldmark het. Daar sal ‘n meer indiepte verslag oor vanjaar se Maluma Dag, in die Maart uitgawe van AgriBulletin wees.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first