Sondag Mohale laat sak sy hoof

11 June 2018  Read: 155

 

“Sondag Mohale was die Nelson Mandela van Mooketsi, ‘n reguit man wat ‘n reguit pad gestap het met ‘n groot hart. Hy was ‘n voorbeeld vir almal, ‘n baie harde werker,” was die woorde wat Freddy Lebepe van ZZ2 gebruik het om Sondag op te som.  Sondag Mohale is op die 15de April vanjaar, op die ouderdom van 101 ½ jaar oorlede.

Hy was ‘n groot boom met diep wortels in die ZZ2 gemeenskap en veral in die harte van die van Zyl stigter-familie.  

Sondag is in 1916 op Mnr Jimmy van Zyl se plaas gebore, die enigste kind van January Makasani en Sewela Mohale.  Hy het op die plaas groot geword en van jongs af daar gewerk.  Later het hy twee vrouens gehad, Mapula en Elsie Mohale en het altesaam 16 kinders gehad.

Soos die ZZ2 maatskappy gegroei het, het Sondag saam gegroei.  Hy het algemene werk gedoen, was ‘n drywer, ‘n voorman en soos Lebepe sê “’n Jack of all trades”.  

Sondag het saam met Mnr Bertie van Zyl Snr groot geword, en Mnre Tommie en Philé van Zyl het voor Sondag groot geword.  Hy was ‘n jong man toe hulle kinders was.  Lebepe sê dat hulle saam met Sondag gewerk het op die plaas en hy ‘n groot aandeel gehad het in hul basiese plaas vaardighede.

In 1989 is Lemondokop Village gestig en was Sondag een van die eerste mense wat daarheen verhuis het.  Daar was hy ‘n pionier gewees wat gehelp het om die nedersetting te ontwikkel, paaie te bou en was sy voorbeeld een wat geïnspireer het om die nedersetting in een wat trots kweek te omskep.
Sondag is op 21 April vanjaar op ZZ2 se Jimmy plaas begrawe.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first