McCormicks maak spore deur Tzaneen

12 June 2018  Read: 51

 

Tzaneen Swaarvoertuie tesame met Supaquick Tzaneen het op die aand van 10 Mei vanjaar ‘n groep baie spesiale gaste op hul perseel verwelkom. Nege Italianers verbonde aan die Carabinieri militêre polisiemag se Bosbou Afdeling, het meer as 6 000 kilometer in vier nuwe-generasie McCormick X8 en X7 trekkers afgelê om hier te oornag as deel van hul Xtractor Suid-Afrika Avontuur.   

Die groep wat bestaan het uit ses militêre offisiere, bemarkings spanne en ‘n gros televisie kameramanne, het hul roete deur Suid-Afrika in Durbanville, onder in die Kaap op 3 April afgeskop. Dié tweede Suid-Afrikaanse Xtractor ekspedisie is deur BKT geborg. Die wêreldbekende bande vervaardiger het die vier McCormicks met hul heel nuutste Agrimax Force en Agrimax RT 657 trekkerbande toegerus om die roete mee te voltooi.

Deur die loop van die trektog het die span op twee spesiale bestemmings stil gehou waar hulle aan die werk gespring het om die gemeenskap te help met opbouende projekte. Onderandere het die BKT Xtractor span gehelp om ‘n gemeenskapstuin in Ephraim Mogale munisipaliteit (in Marblehall) te skep.
Maar die trekkers is wat hierdie avontuur merkwaardig gemaak het. Meer spesifiek, die bande waarmee hul toegerus was. Volgens Stephan Le Roux, die eienaar van Supa Quick Tzaneen, is hulle baie trots om BKT agente in die streek te wees. “Weet jy hoe vêr is 6 000 kilometers op een stel bande vir ‘n trekker? Vra enige plaasbestuurder en hy sal vir jou verduidelik hoe lyk trekker bande na so maand se werk.

Hierdie stel bande is nog feitlik nuut en hulle is oor grond- en teerpad met die goed. Nee wat, daar is nie beter nie.”

McCormick trekkers se plaaslike agente is Tzaneen Swaarvoertuie en BKT produkte word met trots deur Supa Quick Tzaneen versprei. Vir enige navrae oor die trekkertog, of oor enige van die produkte beskikbaar by enige een van die twee handelaars, kontak hulle gerus op 015-307-5000 (Tzaneen Swaarvoertuie) en 015-307-2852 (Supaquick).

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first