Shimuwini sirkels vergroot

11 July 2018  Read: 101

 

In April vanjaar het Bulletin berig oor die klipsirkels wat deur die SANParke Ere-Veldwagters in samewerking met Kallie en Herman Süllwald van Süllwald Vervoer gepak is om ‘n 1 000 jaar-oue Kremetartboom van die olifante op Shimuwini te beskerm.

Daar was oor die naweek weer ‘n opvolg sessie by dieselfde boom op Shimuwini om die klipsirkels om die boom verder te vergroot. Die doel van hierdie sessie is om te verseker dat die boom ten volle beskerm sal bly teen die olifante van daardie streek wat hulself teen die bas van hierdie bome skuur end an sodoende skade aan te rig.

“Ons wil net weereens ons hartlike dank uitspreek aan Süllwald Vervoer (Kallie en Herman Süllwald) vir hul onbaatsugtige skenking van die die broodnodige klippe om die projek ‘n sukses te kon maak, en hopenlik die boom vir nog ‘n 1 000 jaar te kan spaar,” het Gert Coetzee van die SANParke EreVeldwagters gesê. “Süllwald Vervoer was ook so goedhartig om die aflewering van die klip gratis te doen. Ons herken hulle as vriende van die SANParke Ere-Veldwagters.  Sonder hulle ondersteuning, sou dit nie moontlik gewees het nie - en die boom sou uiteraard gesneuwel het onder die olifante.”

Die gemeenskap het ook die Ere-Veldwagters hartlik bedank wat hulself bereid gestel het om die projek ‘n moontlikheid te maak.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first