Lede ontvang Goue Mangoes

06 August 2018  Read: 1001

 

So paar van die area se top mango-kenners het die afgelope naweek tydens die jaarlikse SAMGA toekennings by Fairview Hotel, die gesogte Goue Mango en Mango Industrie Merite toekenings vir hul toewyding ontvang. Dit was ‘n intieme aand, aangebied deur SAMGA met Subtrop uitvoerende hoof, Derek Donkin, wat die gaste en die ontvang-ers van die toekennings aangekondig het.

Onder dié wat deur die vereniging vereer is op die aand, is Theunis Botha,
Johann du Preez, Jaco Fivaz en Danielle le Lagadec. Volgens Pieter Buys, voorsitter van Nyalani Estates, is Theunis Botha se werk met die Lima projek een van die industrie se grootste suksesse. “Dit is heel moontlik as gevolg van Theuns se harde werk en liefde vir die industrie dat ons vandag nie beeste het wat tussen die mangoplantasies rondloop nie.” Buys het die Goue Mango toekening aan Botha oorhandig.

Jaco Fivaz en Johann du Preez is twee van die grootste name in die plaaslike mango-bedryf met meer as twintig jaar ondervinding elk. Tussen dié twee manne het hulle vir ‘n tydperk van 16 jaar as voorsitters van die vereniging gedien. Hulle het albei ook toekennings vir hul werk wat die vooruitgang van die bedryf bevorder het, ontvang.

Danielle le Lagadec was nie die aand teenwoordig nie en daar is terugvoering gegee dat sy nou in die verpleegkunde veld in Australia gevestig is. Sy het die Mango Industrie Merite toekenning in haar afwesigheid ontvang.

Die aand is met ‘n ete en geselligheid afgesluit om die gaste ‘n blaaskans te gee vir die volgende dag se simposium.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first