Studiegroep gehou op Constantia

03 September 2018  Read: 405

 

‘n Sitrus-studiegroep is op die 7de Augustus vanjaar in die Constantia saal op Letsitele gehou. Tydens hierdie sessie het verskeie rolspelers in die plaaslike sitrusbedryf bymekaar gekom om verskeie aspekte van die industrie te bespreek en aan nuwe produkte bekend-gestel te word.

Francois Froneman van VKB Hoofkantoor het saam met twee ander gasspre-kers, Michael Koch van Haifa en Marius Boshoff, Nasionale Bemarkingsbestuurder vir Villa Crop, die boere by dié geleentheid toegespreek oor die nuutste produkte wat hulle glo die bevordering van die bedryf sal aanhits.

Die studiegroep sou oudergewoonte in die onthaalsaal van die populêre Letaba Junction gehou geword het, maar moes na die saal geskuif word na die verwoestende brand by Junction, vroeër dié maand.

Hoofborg VKB:
Johan Oberholzer, Andre du Toit, Wynand Benade, Johan Wessels, Bertus Grobler en Francois Froneman.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first