Meyer Vorster en Zanel Steenkamp is nuwe koninklikes

17 September 2018  Read: 1070

 

Die Hoërskool Ben Vorster het op die 6 deSeptember hul jaarlikse glansaand, waar mnr. en mej. Vossie vir 2018 aangewys word, gehou.  Die redelik bekende sangerm Hanco, het die gaste en deelnemers op die aand vermaak.

Hul Top 20 finaliste het hulle tema, Hollywood, uitgebeeld deur elkeen ‘n film voor te stel.  Mnr. en mej. Vossie gaan egter oor meer as net uiterlike skoonheid. Die finaliste moes aan die beoordelaars wys dat hulle met selfvertroue en grasie voor ‘n gehoor kan optree.

Die beoordelaars het Meyer Vorster en Zanel Steenkamp as Mnr. en Mej. aangewys. Milané Smit en Millie Bester is 1ste en 2de prinsesse en Franco Broodryk en Christiaan Smit 1ste en 2de prinse.

Tumisho Montjane en Kaylin Oosthuizen is as Mnr. en Mej. Persoonlikheid aangewys en WC Kriel en Lané Badenhorst as Mnr. en Mej. Fotogenies.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first