Constantia Studiegroep sluit 2018 af

04 December 2018  Read: 116

 

Op die 7de November vanjaar het die Constantia Sitrus studiegroep en afsluiting op Letsitele plaasgevind. Hierdie laaste vergadering vir die jaar is deur Marion, Santam, Helmann Logistics, Wenkem, FMC, en Felco Equipment geborg. ‘n verteenwoordiger uit elkeen van hierdie maatskappye het ook as gassprekers opgetreë.

Shawn Gradwell van Marion het verduidelik hoe landbou besig is om te verander en hoe boere kan baat vind in die ontwikkeling van nuwe tegnolgie wat die industrie tot nuwe hoogtes sal dryf. Hy het ook verskeie van sy maatskappy se nuwe mobiele sagteware aan die lede bekendgestel wat kan help met effektiewe produksiebestuur.  

Op hulle beurt het Wenkem / FMC hul opwindende nuwe Exirel produk bekendgestel wat nou ook beskikbaar is by Wenkem en Novon agente in die area.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first