Goeie terugvoering vir Mac-toekoms

06 December 2018  Read: 107

 

Die Macadamia industrie het op die 9de November in Witrivier, Mpumalanga, bymekaargekom saam met SAMAC vir ‘n industrie-dag. Kwekerye, produsen-te, verwerkers en ander belanghebbendes kon na gassprekers luister, deur landbouverskaffers se stalletjies loop en kuier oor ‘n heerlike middagete.

Die sprekers het onder andere Nick Serfontein van Sernick Boerdery ingesluit. Meneer Serfontein het onlangs opspraak gemaak in die media vir die opebrief wat hy aan Pres. Cyril Ramaphosa geskryf het oor onteineining sonder vergoeding. Hy het op die Expo gepraat oor hoe alle partye in die landbou positief moet bly, bydrae tot oplossings en ‘n moet besluit moet neem: “Be at the table, or be on the menu!”

‘n Ander spreker, die ekonoom en politiese spreker, Prof Roelof Botha, het die groep toegespreek oor die ekonomie en sy sienings oor die politieke landskap. Hy het sy baie positiewe uitkyk ondersteun met sleutel ekonomiese aanwysers en sy hoof boodskap was dat die toekoms vir Suid Afrika en landbou glad nie so don-ker lyk soos die media dit soms uitmaak nie. Hy verskil byvoorbeeld van Stats SA wat beweer dat die land se ekonomie in ‘n tegniese resessie is.

Ander sprekers het onder andere ingesluit Dr Elsje Joubert wat gepraat het oor hoe om omgewingsvriendelik op te tree teen stinkbesie skade; Juan Winter van SourceBI oor “benchmarking” in die Macadamia industrie en nog andere. Terugvoer vanaf SAMAC na meer as 60 SAMAC lede die 8ste Internationale Macadamia Symposium in China bygewoon het in Oktober is dat die toekoms vir Makadamia produsente baie positief lyk.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first