Die jaarlikse SAVF-Tzaneen Poppetee is weer verlede Vrydag uit die Wolkberg gemeente gehou. Hierdie jaar se spoggeleentheid was die laaste tee vir skoolhoof, Annette Eastes, wat vanjaar na 25-jaar die leisels gaan ophang. Die Poppetee is ‘n gewilde geleentheid by die SAVF waartydens al die fraaie jong dames die geleentheid gegun word om hulself op-te-dollie en die middag saam met hul mammas te geniet. Zani’s Gimnastiekklub Tzaneen het vir die meisies ritmiese vertonings gesorg wat deur die aankoms van ‘n ware prinses gevolg is. Die dogtertjies het uit hulle kassies geklim en elkeen het gespartel om ‘n drukkie van die prinses af te ontvang. 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first