Die jaarlikse en gewilde Tzaneen Avofees het Vrydag die 5de Julie tot Sondag die 7de Julie op die terrein van die Laerskool Tzaneen plaasgevind.

Dit is die tweede jaar agtereenvolgens wat die Tzaneen Avofees aangebied was. Vanjaar se program het ‘n verskeidenheid van items vir feesgangers gebied. Afgesien van die hoevelheid items was daar ook talle stalletjies waar besoekers vars groente en vrugte, en in besonders advokadopere oftewel avo’s kon aankoop.

Daar was ook heelwat pret wat die jongspan kon besig hou soos ondermeer ‘n reuse opgeblaasde glybaan.

Die Vrydag is ‘n aantal inligtingsessies vir die landboubedryf gehou. Daar was ook ‘n gratis toer vanaf die skool na die Afrupro Pakhuis vir besoekers aangebied om te sien hoe avo’s verwerk en verpak word.
Saterdag kon mense ondermeer aan die Momentum Multiply se 3km en 8km wedloop deelneem. Die gewilde musikant, Gert Bos, het mense met sy sang vermaak.

Die Saterdagaand is ‘n dans geleentheid aangebied met die tema Mesikaanse Avo Fiesta. Na al die pret en jolyt is die Sondag gepas met ‘n Avofees kerkdiens afgesluit. Die Avofees uitstallers het daarna nog hulle stalletjies beman om vir oulaas tot volgende jaar van hul produkte te verkoop. Gert Bos het weer mense met sy musiektalent vermaak.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first