■ Mercedes-Benz South Africa

Mahindra Suid-Afrika is besig om sy voetspoor in Suid-Afrika te vergroot met die bekendstelling van sy reeks taai en doeltreffende plaastoerusting. Die aankondiging is in Mei vanjaar in Noord-Wes gemaak.
Die maatsskappy se volledige reeks Mahindra trekkers en werktuie, Sampo Rosenlew oesdorsmasjiene en Hisarlar plaaswerktuie is in Suid-Afrika bekend gestel. Die produkte word ingevoer van Indië, Finland en Turkye.

Tydens die bekendstelling van die reeks landbouwerktuie, het Arvind Matthew, Hoof van Internasionale Bedrywighede by Mahindra & Mahindra, gesê: “Aangesien Suid-Afrika een van die mees ontwikkelde markte vir plaasmasjinerie is, en nou ook met ons sterk teenwoordigheid wat reeds met motors, generators en konstruksietoerusting gevestig is, is die tyd geleë vir Mahindra om sy uitgebreide reeks boerdery-oplossings hier aan te bied. Ons sal voortgaan om die standaarde te verhoog met betrekking tot tegnologie en innovasie sodat ons positiewe verandering in Suid-Afrika teweeg kan bring.”

Met hierdie aankondiging verteenwoordig Mahindra Suid-Afrika nou vier bepaalde produkreekse in Suid-Afrika. Die maatskappy is welbekend vir sy reeks bakkies en SNV’s, met die Mahindra Bolero- en Pik Up-modelle wat goed deur boere ontvang is.

In dié hoedanigheid is Mahindra, wat ‘n aanleg in 2018 oopgemaak het. een van die snelgroeiende voertuig-handelsmerke in Suid-Afrika, met die Pik Up wat een van Suid-Afrika se top 10 gunstelingbakkies is.

Mahindra bied ook ’n reeks konstruksietoerusting onder die Mahindra EarthMaster-handelsmerk aan, wat trugraaflaaiers en ander geelmetaalprodukte insluit. Laastens, bied Mahindra ’n omvattende reeks Powerol industriële diesel-aangedrewe generators, wat hy in Suid-Afrika verkoop en diens.

As deel van sy verbintenis om landswye verkope en dienssteun te voorsien, het Mahindra ’n vennootskap met MB Plant SA (MBSA) aangegaan om sy netwerk van stedelike en plattelandse verkoops- en diensafsetpunte te gebruik. MBSA is ’n afdeling van die internasionale MB AfroAsia-groep, met bedrywighede in meer as 20 lande.

Mahindra 6000- en 7500-trekkers:
Die hoogtepunt van die aankondiging was Mahindra se reeks trekkers, wat sy 7500- en 6000-reeks insluit. Die reeks strek van die 55pk-Mahindra 6060 tot die kragtige Mahindra 7590, met sy 92pk-dieselenjin.

Die 7500-reeks trekkers is toegerus met ’n swaardiensgietyster-onderstel, die keuse van viertrekaandrywing en tweegangkragaftakkerstelsels (PTO). Krag word aan die wiele gelewer deur Mahindra se eiendoms-Easy Shift gesinchroniseerde ratkas. Al die 7500-modelle het viersilinder-turboaangejaagde dieselenjins met tussenkoelers.

In die 6000-reeks, is die viersilinder-turbodieselenjin geoptimaliseer om ’n besonder plat wringkurwe te lewer, wat maksimum kraglewering in beide die PTO- en trektoepassing bied.

Beide die 7500- en die 6000-reeks het toegewyde, linkerhandse gesinchroniseerde truratte wat gladde beheer vir maksimum rendement gedurende swaar laai- en wenakkerbedrywighede bied. Die agteras het groot olieverkoelde skyfremme en swaardiensbinneplaneetreduksie-eenhede vir sterkte, veiligheid en betroubaarheid.

’n Luukse kajuitmodel met kragwisseltransmissie ondergaan tans homologering en sal binnekort by die produkreeks gevoeg word.

Hisarlar- en Mahindra-werktuie en ander plaasmasjinery:
Mahindra se reeks landbouwerktuie word afgerond deur ’n uitgebreide reeks werktuie vir elke stap in die oessiklus. Hierdie werktuie, wat in Indië en Turkye vervaardig word, is kragtig getoets op verskillende grondtoestande en toepassings.

Die omvattende reeks werktuie sluit in:
Ploegtoerusting - swaar beitels, ploeë, egte, draaiploeë
Saai- en plantmasjiene
Bemestingspreiders en toedieners
Na-oestoerusting - klepermaaiers en snippermasjiene
Hooitoerusting - harke, klein vierkantige baalperse en kuilvoerbaalperse

Sampo Rosenlew-oesdorsmasjien:
Sampo Rosenlew is ’n wêreldbekende vervaardiger van oesdorsmasjiene met meer as 50 000 eenhede wat in 60 lande, in warm sowel as koue klimate, verkoop word.

Mahindra se volledige reeks plaastoerusting was vanjaar ten toon gestel word by NAMPO Oesfees wat in Mei op Bothaville in die Vrystaat plaasgevind het.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first