Die Tafelrondte 96 Tzaneen het Vrydagaand die 6de September by die Ivory Tusk Lodge sy jaarlikse wynveiling gehou.

Die gewilde Afrikaanse musiekkunstenaar, Thys Die Bosveldklong, was die gaskunstenaar en het die gehoor met sy musiek en unieke sin vir humor vermaak. Hy het ook as die afslaer van hierdie wynveiling opgetree.

So tussen Thys se musiekvermaak en die wynveiling het mense gesellig gekuier. Die doel van hierdie wynveiliing vanjaar was om geld in te samel vir die God’s Haven Sorgsentrum en die Heart NPO (Non-profit organisation).

Daar is net meer as 30 lotte wyn opgeveil. Die hoogste prys is met die heel laaste lot behaal. Thys het die vyf liter Zandvliet Shiraz vir R11 000 aan die gelukkige koper, Amanda Rautenbach, opgeveil.

Maar dit was omtrent ‘n stryd tussen die voornemende kopers vir dié laaste bod om hierdie vyf liter rooi wyn te koop. Dit was ook die hoogste bedrag wat ‘n lot wyn vir die aand behaal het.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first