Llewellyn Labuschagne van R10 Brahmans het die 21ste September by die R10 produksie veiling by Castle de Wildt in die omgewing van Modimolle ‘n aantal van sy Brahmans opgeveil.

Sommer vroeg na die veiling begin het, was dit die R10 Brahmanbul wat vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord bedrag gesorg het. Die Brahmanbul was vir ‘n allemintige R1 miljoen opgeveil. Dié spog Brahmanbul met die lot nommer R10 40/15 was deur Christiaan Botha van All Days gekoop.

Nog ‘n Brahman van Labuschagne, R10 Prins Blue Eyes 12/15, was vir R425 000 aan Wayside Brahmans opgeveil. Afgesien van hierdie twee bulle het R10 Brahmans ‘n aantal rooi en grys herdsires, dragtige koeie, Heifers en tien sperm lotte gehad om op te veil.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first