Bonsmara is die mees wetenskaplike geteelde vleisbees in die wêreld en is deurentyd onderworpe aan inspeksies, meetings en beproewings om die hoogste gehalte vleis te verseker.

Revelas en Bufland Bonsmaras het onlangs vier jong bulle vir ‘n karkompetisie ingeskryf.

Die twee Bonsmara boerderye het by die Hoef toekennings die Beste Groep van Vier, Beste Karkas en Beste Groep van Vier Karkaste gewen. Die bulle ondergaan wat genoem word ‘n fase C of D groei-toets.
Die groeitoets behels waar die Bonsmara bulle vir sowat 84 dae gevoer word. Daarna word die voer-omset per dag sowel as vir die 84 dae periode gemeet. Die bulle se oogspier area word met ‘n CT skandeerder bepaal.

Aan die einde van hierdie groeitoets word hierdie bulletjies aan streng inspeksies blootgestel vir enige strukturele foute. Hierdie bulle word na 90 dae geslag en mag nie vir teel doeleindes aangewend word nie.

Hierdie vier bulle wat vir die karkaskompetisie ingeskryf was, het ook toetse by Bufland se Fase C Toetsstasie naby Mookgophong (Naboomspruit) ondergaan. Die doel van hierdie toetse is om bulle geneties suksesvol te teel.

Om die Bonsmara bulle so te teel om is geskik om speenkalwers te teel van uitstekende gehalte. Dis ook waarom Bonsmara speenkalwers sulke uitsonderlike pryse wen vir die top gehalte vleis wat hulle lewer.
Bonsmara beeste word nie aan skoue ten toon gestel waar hulle volgens hul voorkoms beoordeel word nie. Volgens Alex Revelas van Revelas Bonsmaras, word die Bonsmara beeste eerder op hul prestasies en kwaliteit van hul vleis geoordeel.

Deur die Bonsmara ras deurentyd te onderwerp aan toetse soos hierdie help dit om die kwalitiet van hierdie beeste jaarliks te verbeter. Sowat 60 persent van Suid-Afrikaanse beeste is Bonsmara of gekruis met die Bonsmara ras.

Revelas Bonsmaras het in 2018 en 2019 die Vleisbees Teler Goue Toekennings van die Jaar gewen. Dié twee bulle van die kudde het al twee keer die Fase D Bufland toets gewen, asook die Beste Groeier in 2018 se Fase C toets.

Die gehalte van Bonsmara beeste het ook internasionale aandag gelok en in lande soos Bazilië, Argentinië en Uruguay is daar vandag groot kuddes van hierdie beeste waarmee hulle teel om hul vleisproduksie en gehalte te verbeter.

Die Bosveld Bonsmaraklub bied twee veilings per jaar aan. Die een veiling word in Junie op Vaalwater gehou en die ander veiling word op die 19de November op Bela-Bela aangebied. Revelas en Bufland gesametlik met nog ses ander lede het die Bosveld Bonsmaraklub gevorm. Revelas Bonsmaras is deur Revelas se pa begin wie Revelas als van beesteling en die bestuur van die plaas geleer het.

Revelas Bonsmaras is afkomstig vanuit die geharde Bosveld gebied noord van Thabazimbi. Met geen aangeplante weiding nie en slegs gewone veld is Revelas Bonsmaras genoodsaak om hierdie dorre gebied te oorleef.

Hierdie vleisbeeste wat in die area steeds gehalte vleis lewer is weereens ‘n bewys dat Bonsmara beeste in die mees gehardste omgewings kan oorleef en suksesvol produseer. Die vrugbaarste koei wat op die Bonsmara stamboek tans geregistreer is van Revelas Bonsmaras.

Bonsmara koeie kan kalwers tot op 15 jaar oud lewer en daar is sommige koeie wat selfs op 18 jaar nog gesonde kalwers gelewer het. Dis is slegs een van die vele bewyse hoe produktief Bonsmara beeste is wat verder bydra tot die gewildheid om met hierdie beeste te teel.

Revelas Bonsmara gebruik hoofsaaklik van die plaas se eie bulle om mee te teel, alhoewel daar soms van ‘n goue toekenning bul van buite gebruik gemaak word om sekere genetiese eienskappe in te bring.

 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first