In 2018 het 12 leerders van Agri-Merensky in twee afdelings Limpopo by die Nasionale Jeugskou verteenwoordig. Vanjaar het Merensky 36 leerders as Limpopo verteenwoordigers na hierdie geleentheid gestuur wat vanaf die 21ste tot die 25ste September gehou was.

Die Plasie-landbouspan het in agt afdelings deelneem. Die afdelings was vleisbees, boerbok, melkbok, vleisskaap, wolskaap, konyn, pluimvee en kulinêre kunste. Die aspirante Plasie-boere het teen meer as 460 deelnemers oor die nege provinsies hul vaardighede ten toon gestel.

Die deelnemende leerders het groot pret gehad waar hulle in ‘n “kostuumklas”  deelgeneem het. In hierdie afdeling moes die deelnemers en die diere volgens ‘n tema aantrek. Die Plasies het herwinning as hul tema gebruik.

Die Limpopo-span wat hoofsaaklik uit leerders van die Hoërskool Merensky bestaan, het die toekenning vir die Beste Versorging van Diere, Hokke, Krale en Stalle ontvang.

Vir die eerste keer in Limpopo se geskiedenis het Tamryn Bosch die eerste plek in die junior kulinêre kunste afdeling gewen.

Uitslae:
Junior Vleisbees afdeling - Natacha Badenhorst, (vyfde uit 24 deelnemers)
Senior Vleisbees (skoumanskap) - Luandi Visagie (vyfde)
Senior Vleisbees (algehele) – Dominique Blandin de Chalain (sesde), Luandi Visagie (sewende) en Nicky Smith (agste)
Senior Pluimvee - Sarah-Ann Peters (sesde) en Ethan Valentine (sewende)
Junior Kulinere Kuns – Tamryn Bosch (eerste) en Donia Smit (vyfde)
Senior Kulinêre kuns – Yasmine Joubert (sewende)
Senior Vleisbokke – met Dylan Hallat, Henry Viljoen en AJ Bruwer (sesde)

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first