Die Hoërskool Merensky se landbou-span vergesel deur vyf leerkragte het aan die vierde ALFA-ekspo (African Lifestock Trade Fair) vanaf die 17de tot die 19de September by die Afridome in Parys, Vrystaat deelgeneem. En met gesogte toekennings bonop teruggekeer.

Die Plasies het ‘n eerste-plek in die Zoetis interras senior bulle-afdeling met die bul, Itai verower en die Engen Lubricants Skolebemarkingstoekenning gewen. Die hoogtepunt natuurlik was toe die Plasies se plaasjapies en hul skool die FNB Landbouskool van die Jaar prys gewen het.

Volgens Albert Loubser, die medeorganiseerder van die ALFA-ekspo, is die vier pilare waarop dié vee-ekspo gebou word goeie landboupraktyk, jeug, handel en sosiale interaksie. Die jeug-komponent het elke jaar net groter en groter geword, en dit is hier waar Agri-Merensky en die Hoërskool Merensky se Landbou-afdeling met die louere weggestap het.

Die Plasies het tweede plek toekennings vir die Zoetis interras senior koeie-afdeling, Veeplaas skole-vasvra en Voermol jeugskou juniors ontvang. In die Zoetis interras junior vroulike diere se afdeling het die Plasies ‘n derde-plek prys ontvang.

 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first