Na ‘n string inbrake en diefstalle in die Deerpark en Mieliekloof omgewings het plaaslike sekuriteitsfirmas en organisasies hande gevat en oor die naweek ‘n klopjag in die area in samewerking met die plaaslike SAPD gedryf.

Volgens Uwe Kroh, voorsitter van die plaaslike GPF is daar meer as 60 mense betrokke gewees in die operasie wat Sondagoggend tussen 03:30 en 07:00 uitgevoer is.

Lede van Immigrasie het die groepe vergesel en daar is altesaam 31 ongeregistreerde buitelanders inhegtenis geneem. Onder dié was 26 volwassenes en vyf kinders.

“Die probleem is dat hierdie buitelanders wat onwettig in die land is, in ons area woon maar nie werk het nie, en dan draai na misdaad vir ‘n heenkome. Ons kan dit nie toelaat nie.”

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first