Danksy Ambur Simpson se liefde vir diere het die Dierebeskermings Vereniging (DBV) in Phalaborwa ongelooflik baat gevind. Met die ondersteuning van Simpson se ouers en eienaars van die Phalaborwa Ford handelaarskap, Alicia Laubscher en Morné Simpson, was die bal aan die rol gesit met twee geldinsameling geleenthede vir Oktober. Op die 18de Oktober het die gewilde kunstenaars Jay en Brendan Peyper Phalaborwa toe gekom vir ‘n vertoning. Die volgende dag, Saterdag die 19de Oktober was daar ‘n gholfdag by die Hans Merensky Buiteklub aangebied. Altesaam R126 000 was ingesamel met hierdie twee geldinsamelings-geleenthede wat intussen reeds aan die DBV Phalaborwa geskenk is.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first