“Dit is gevaarlik om die reg van individue om teen die mag van die staat beskerm te word, weg te neem, want daarsonder is daar geen waarborge dat die staat regmatig gaan optree nie.”

So sê die hoof van grondsake by Agri SA, Annelize Crosby, wat meen die Grondwet bevat juis ‘n klousule wat mense ten alle tye vrye toegang tot die bied. Sy sê dit is ook in Artikel 25 van die Grondwet vervat dat indien daar ‘n dispuut oor vergoeding by onteiening is, sal die howe uiteindelik die vergoedingsbedrag bepaal.

Crosby se reaksie kom nadat president Cyril Ramaphoasa na die ANC se lekgotla bekend gemaak het dié party wil hê die uitvoerende gesag en nié die howe nie moet ‘n vergoedingsbedrag bepaal, indien grond onteien sou word.

Volgens Crosby is die ANC se voorstel is gevaarlik, want grondeienaars word aan die regering of die betrokke minister of instansie wat aangewys word uitgelewer om die vergoeding vir onteiende grond te bepaal.

Crosby sê dit is vir Agri SA ‘n groot bron van kommer dat dit nog nie presies duidelik is wat beoog word in dié verband nie. Dit sluit die onduidelikheid in oor die prosses waarvolgens dit gedoen wil word.

“Ek glo daar word probleme ondervind met die prosesse en ek verwys na die bestaande proses wat nou ingestel is op die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om onteiening moontlik te maak sonder vergoeding.”

“Dit wat implisiet in die Grondwet is, word in die mandaat hervat, wat onteiening met nul vergoeding in sekere omstandighede insluit. Daar is niks in dié mandaat met betrekking tot howe se gesag en individue se reg tot howe wat genoem word nie en dit word as ‘n bedreiging vir grondeienaar gesien”, volgens Crosby.

Crosby meen dit skep ‘n probleem en indien dié mandaat en die onteieningswetsontwerp, wat reeds in Desember 2018 gepubliseer was, verander of aangepas word, sal dit eers gewysig moet word en weer vir kommentaar gepubliseer word.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first