Personeel reg vir 2017

06 December 2016  Read: 835

 

Personeellede van die Hoërskool Ben Vorster is op Vrydag, 25 November, en Saterdag, 26 November, as volwaardige mentors opgelei.  Mnr. Dawid Oelofse en van sy medekollegas van die Noord-Wes Universiteit (Fakulteit Opvoedingswetenskappe – PUKKE) het leerkragte van Limpopo formeel opgelei met ‘n kortprogram in mentorskap.

Tydens die kontaksessies is verskeie onderwerpe aangespreek soos koöperatiewe leer vir die Z-generasie en is daar besef dat onderwys ‘n nuwe baadjie moet aantrek om by ons Z-generasie aan te pas en hulle toe te rus vir die toekoms.  Mentorskap behels die akkommodasie en assessering van studentonderwysers by die skool.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first