Nuwe adjunkhoof

13 February 2017  Read: 283

 

Die Vossies het hierdie week die aanstelling van mnr. Coenie de Lange as adjunkhoof aangekondig.  De Lange was ‘n departementshoof by Hoërskool Louis Trichardt waar hy vir 12 jaar betrokke was.  “Onderwys is my passie”, sê De Lange. “Dit is vir my baie belangrik dat kinders gelukkig is en kan floreer in die skool.”

De Lange en sy vrou, Amelia, se oudste dogter staan ook in die onderwys. Hulle middelste kind besit ‘n besigheid saam met haar man in Louis Trichardt en hul jongste studeer aan die Universiteit van Pretoria.
“Baie welkom, mnr. De Lange en Amelia. Ons vertrou julle het reeds kennis gemaak met die Vossie-familie se gasvryheid en voel sommer gou asof julle nog altyd Vossies was,” het die personeel van Ben Vorster bygelas.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first