En so klink ‘n ATKV-silwer

12 June 2017  Read: 684

 

Laerskool Tzaneen Primary se Junior- en Seniorkore het op Dinsdag, 9 Mei, aan die ATKV Koorkompetisie in Polokwane deelgeneem. Albei kore het silwer toekennings verwerf te midde van strawwe kompetisie.
Daardie volgende Vrydag, het hul na Pretoria vertrek om deel te neem aan die Super 12 kompetisie wat elke jaar in die ou-Onderwyskollege van Pretoria se Normaalsaal gehou word.

Weereens verwerf albei kore silwer toekennings as bewys dat Laerskool Tzaneen Primary nie net op die sportveld uitblink nie. Om deel te wees van ‘n suksesvolle koorgroep is duidelik ‘n baie groot eer vir hierdie jongspan. Bo, is die seniorkoor en onder, die juniors.

“Baie geluk aan al hierdie seuns en dogters wat so hard gewerk het deur in die aanloop tot hierdie groot kompetisie,” het afrigters, Riette Rossouw en Helene van Niekerk, gesê. “Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.”

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first