Drakensig se karatikas skop vas

04 April 2018  Read: 560

 

Saterdag, 17 Maart, het leerders van Laerskool Drakensig deelgeneem aan die JKA Karate Limpopo Kampioenskappe. Hulle het hul talent uitgebeeld in Kata en Kumite.  

Die volgende leerders het medaljes verwerf:  Phillip Ferreira o/13 oranje belt 2 goue medaljes, William Vos o/13 groen belt 2 goue medaljes, Sky Keyser o/11 wit belt 2 goue medaljes, Aurette Ferreira 0/10 oranje belt 2 goue medaljes, Amelia Breek 0/8 geel belt 2 goue medaljes.

Al die leerders het hul Limpopo klere in karate verwerf en sal die provinsie later die jaar verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first