Jeugskouspan besoek Bekker

12 June 2018  Read: 645

 

15 Lede van Hoërskool Merensky se Jeugskouspan het op 19 Mei aan die Gauteng Jeugskou se interprovinsiale kompetisie by Hoërskool Bekker deelgeneem.

Die klasse waarin deelgeneem is is senior- en junior vleisbeeste, senior- en junior boerbokke en senior konyne.

Nicky Smith (graad 11) was die ster van die dag en het die eersteplek ingeneem in die seniorklas vleisbeeste. Sy was ook die algehele wenner in dié kategorie. In die seniorklas boerbokke het Johann Coetzee (graad 10) sy staal gewys en ‘n tweedeplek ingepalm, met Dehan Haasbroek (graad 9) kort op sy hakke. In die juniorklas boerbokke het Ruben Erasmus (graad 8) ‘n derdeplek behaal, terwyl Anushka de Wet (graad 8) ook ‘n derdeplek behaal het in die juniorklas vleisbeeste.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first