Wolkberg Akademie besoek Lion & Predator Park

26 June 2018  Read: 548

 

Wolkberg Akademie se Gr-R klas, die Woekerwolkies, het Vrydag 15 Junie die Lion & Predator Park net buite Tzaneen besoek. Die uitstappie was baie pret en opvoedkundig. Die 23 kleuters het inheemse diere soos koning Leeu, rooikatte, luiperds, jagluiperde en ‘n ratel van naby beskou asook uitheemse diere soos die Bengaalse tier, wasbeertjies en die Capuchin apies.

Die toer is ongeveer een en ‘n halwe uur lank en besprekings moet vroegtydig gemaak word vir skoolgroepe. Die Wolkberg kleuters het die uitstappie baie geniet en beoog ook om dié uitstappies ‘n gereelde instelling te maak vir die ander grade, net soos die besoek aan die brandweer elke jaar.
Daar is ‘n verskeidenheid pak-kette beskikbaar vir oud en jonk. Die Park beskik oor akkommodasie, trou bestemming, hindernisbane vir spanbou aktiwiteite en ‘n restaurant. Besoek gerus die webtuiste www.letabariverlodge.co.za. vir meer inligting.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first