Die groot Larrie ‘impasse’

17 September 2018  Read: 311

 

Dit was weer tyd vir die baie gewilde skaaktoernooi wat aangebied is by Faunapark Primary School in Phalaborwa op Saterdag, die 8ste September.

Laerskool Tzaneen Primary het verskeie medaljewenners gehad tydens hierdie toernooi om weer te wys dat Tzaneen se meesterstrateë hul man op die geruite bord kan staan. In die ouderdomsgroep 5 – 9 jaar wen Francois Thiart en Bernice van der Walt medaljes. Jadrian Moolman, Simon-Junior Makwarela, Solly Maake, Eduaro Venancio en JP Wheeler stap met medaljes weg in die 10 – 11 jaar ouderdomsgroep.
WJ Botha, Anthony Cerva en Ryno Schultz wen medaljes in die 12-13 jaar ouderdomsgroep.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first