Die Leeus brul kampioenkreet

08 October 2018  Read: 641

 

Laerskool Tzaneen se hokkieseisoen was ‘n reuse sukses, van die horde mini-hokkiespelers tot die mees senior spelers in die Oop spanne het elke Hokkie Bokkie hul harte uitgespeel.

Soos voorheen berig het die Oop A dogters die seisoen as naaswenners uit die stryd getree in die LPL seisoen.

Op Saterdag, 22 September, het van die Larrie spanne gaan deelneem aan die semi- en finale wedstryde wat plaasgevind het in Polokwane.

Die Oop B seuns speel in hul semi-finaal teen LS Pietersburg-Oos. Die wedstryd eindig gelyk en die 8 sekonde uitskietreël moes toegepas word. Die Larries wen met 2 doele teenoor 1. In die finaal kom hul te staan teen LS Duiwelskloof en ongelukkig verloor ons seuns 0/2. Hulle is dus naaswenners van die Limpopo skoleliga.

Die o.11 B dogters speel teen LS Heuwelkruin in die semi-finaal, die wedstryd eindig ook gelykop en ons dogters druk deur en wen die 8 sekonde doel uitskiet kompetisie met 3 doele teenoor 1. In die finaal kom hul te staan teen LS Pietersburg-Oos en verloor 0/3. Hul is dus ook naaswenners van die Limpopo skoleliga.

Die o.11 A dogters wen hul semi-finale wedstryd teen LS Julian Muller met 2 doele teenoor 0. Hul wen ook die finaal teen LS Pietersburg-Oos met 2 doele teenoor 0. Hul is Limpopo skoleliga wenners.
Die o.11 A seuns wen hul semi-finaal teen LS Pietersburg-Oos met 2 doele teenoor 1. In die finaal kom hul te staan teen Unicorn Preparatory School. Larries wen die wedstryd 2/0 en is ook Limpopo wenners.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first