Blikkies Groenewald besoek die Larries

12 November 2018  Read: 406

 

Blikkies Groenewald, ‘n bekende in rugby afrigters kringe, het die Larries besoek op Vrydag en Saterdag, 3 en 4 November.

Vrydagmiddag het die jong Bulletjies kans gekry om deur oom Blikkies touwys gemaak te word en Saterdag was dit die afrigters se beurt.

Baie dankie aan almal en in besonder Mnr. Greyling Harmse wat hierdie geleentheid georganiseer het. Mnr. Harmse is dit eens dat Mnr. Groenewald ‘n onuitputlike bron van rugbykennis het en dat ons hom sommer vroeg volgende jaar weer by die Larries gaan sien.

Blikkies Groenewald was ‘n hoërskool onderwyser in Pretoria waar hy begin rugby afrig het in 1974. Hy het afrigtingskursusse by die Bulle begin aanbied in 1979. Opleiding van rugby afrigters is sy passie en hy werk vir die Bulle in permanente hoedanigheid, eerstens as Direkteur van Rugby Ontwikkeling vanaf 1983 en later Direkteur van Afrigting van die Bulle se Akademie.

Tot op hede het hy nou meer as 360 000 spelers al afgerig en meer as 29 000 afrigters opgelei. Hy was die eerste tegniese- en vaardigheids afrigter vir die Bulle se Curriebeker span en was die eerste skop- en vaardigheidsafrigter van die Springbokke.

Hy het al 12 boeke oor opleiding vir afrigters geskryf en die boeke word almal deur Suid-Afrikaanse Universiteite aanvaar en as handleidings gebruik. Hy is ‘n gekwalifiseerde wêreldrugby opleier van afrigters. Hy het vier Curriebeker rugbyspanne afgerig, asook Rusland en Pole. Hy het Rusland se 7’s Span na die Wêreldbeker vergesel wat gehou is in Hong Kong. Hy is tans die voorsitter van die Bulle se Afrigtersvereniging,  Hoof van die “Centre of Exellence”, ‘n afrigter by die Bulle se Akademie en visie-president op die Uitvoerende Komitee van die Bulle.

Hy het Bulletjie rugby begin en is tans besig met ‘n boek oor kontak vertroudmakende oefeninge.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first