etaba Rugbyklub se derdespan het Saterdag gasheer gespeel toe hulle teen die span van Kruinies Rugbyklub van Polokwane te staan gekom het.

Letaba se 15-tal het van die meet af die pap dik aangemaak in die eerste helfde om Kruinies, die huidige voorlopers in die derdeliga, onderdruk te plaas.

Letaba het in die eerste helfde twee drieë gaan druk, maar kon nie daarin slaag om hierdie drieë te verdoel nie. Letaba het nietemin ‘n 10-0 voorsprong geniet teen die tyd wat rustyd aangebreek het.

Letaba se verdedigers het aanvalspogings van die Kruinies na hul doellyn gestuit en ook heelwat omgekeerde besit bewerkstellig. Dit het ook gesorg dat die Kruinies net nie op dreef kon kom nie en vele hanteringsfoute gemaak het.

In die tweedehelfde het die Kruinies egter verbete begin terugveg en ook meer balbesit geniet. Die Letaba verdedigingsmuur het uiteindelik gebreek toe die Kruinies hul eerste drie druk en verdoel om die telling met 10-7 te laat krimp.

Met sowat vyf minute oor, het die Kruinies weer ‘n gaping in Letaba se verdediging gevind en hul tweede drie te druk alhoewel die doelpoging onsuksesvol was. Die Kruinies het hierna vir die eerste keer in die wedstryd die voortou geneem met die telling op 12-10.

Met die afskop het Letaba ‘n laaste terugvegpoging geloods en weliswaar balbesit gewen. Met hierdie druk in die doodsnikke van die wedstryd staan die Kruinies reg voor hul pale ‘n strafskop af.

Letaba se stelskopper skop egter die bal net links verby en Kruinies wen hierdie naelbytstryd met 12-10. Letaba se twee drieë is deur die nommer ses flank Surprise Monyela en die linkervleuel Peter Blessie gedruk.
Letaba se ligaspanne gaan vir die volgende twee naweke rus waar hulle dan op Saterdag 27 Julie op hul tuisveld teen die spanne van Noordelikes Rugbyklub te staan gaan kom.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first