Die Hoërskool Ben Vorster se Vossie Fees het Donderdag die 29ste Augustus begin met ‘n karnival deur dié skool se leerders en personeel wat deur die strate van Tzaneen geloop het om mense aan te moedig om die geleentheid by te woon.

Die fees wat Vrydag die 30ste tot Saterdag die 31ste Augustus voortgegaan het, is op beide die dae al van vroegdag af met ‘n gratis toegang Boeremark begin.

‘n Groot hoogtepunt van die Vossie Fees was natuurlik die vriendskaplike sewes rugby, die Fast 5 netbal en sewe ‘n kant hokkietoernooi. Skole van verskei dele in Limpopo het aan hierdie sewes rugby, netbal en hokkietoernooi meegeding.

Met Ben Vorster as die gasheer, was die ander deelnemende hoërskole:
Ellisras, Pietersburg, Hans Strijdom, Tom Naudé, Curro Heuwelkruin, Merensky, Frans du Toit, Piet Potgieter, Ben Viljoen, Louis Trichardt en Capricorn.

Terwyl al die aksie op die sportvelde uitgewoed het, het toeskouers, besoekers en selfs die deelnemers hulle aan die groot verskeidenheid van eet en drinkgoed stalletjies verlustig.

Nog ‘n groot aantrekkingskrag tot die Vossie Fees was die Vrydagaand se musiekskouspel deur Harlind, Liezel Pieters, Arno Jordaan en Early B. Die rugbyveld van Ben Vorster. Die Saterdag se SAVF trompoppies het ook baie aandag getrek.

Een feit is gewis, en dit was dat die eerste en verseker nie die laaste Vossie Fees ‘n klinkende sukses was en net gewilder kan raak.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first