Rolbal SA besoek Tzn

14 February 2017  Read: 123

 

Tzaneen Bowls Club het as gasheer hierdie week vir Limpopo Rolbal opgetreë met die besoek van mnr Kallie Haupt, President van Rolbal SA, en  mnr Andy Strong, Rolbal SA Uitvoerendebestuurslid. Verskeie sake is bespreek en hanteer gedurende die vergadering wat by die klubhuis gehou is. Ondermeer is die toekoms van Rolbal in Suid-Afrika asook die provinsie bespreek . Dit was ‘n oop gesprek met baie inligting wat onder die lede gedeel is. Rolbal Limpopo was goed verteenwoordig met President Wally Duncan wat die sake namens die provinsie hanteer het.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first