Plasies vierde op Noordvaal

16 August 2017  Read: 115

 

Op 2 Augustus het ‘n opgewonde o/14 Plasie-hokkiespan na Nelspruit vertrek om aan die Noordvaal-toernooi deel te neem. Tussen 2 en 5 Augustus het hulle ses wedstryde teen Oosterlig gespeel, Vaaldriehoek, Schoonspruit, Brits, Maragon en Volksrus, waarvan hul drie gewen het. Merensky se speler van die toernooi was Janke Basson (doelwagter).

Hoërskool Merensky eindig vierde uit sestien skole – die enigste Limpopo-span om dit tot daar te maak. Hierdie prestige geleentheid is aangebied deur Curro Nelspruit.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first