Die Jackson-Hunt kolskoot

09 October 2017  Read: 99

 

Merensky Boogskietklub se Sean Hunt (YAMFU), Ashley Hunt (JFFU) en Canell Jackson (JFBU) het op 30 September en 1 Oktober aan die Johannesburgse Provinsiale Binnenshuise Kampioenskap in Kempton Park deelgeneem.

Tydens hierdie kompetisie is daar van elke skut verwag om 60 pyle op ‘n afstand van meer as 18 meter binne ‘n bepaalde tyd af te stuur.

Opkomende ster, Sean Hunt, skiet weer ‘n persoonlike beste en spog met ‘n goue medalje. Sy suster, Ashley, verwerf ‘n silwer medalje in haar afdeling. Staatmaker, Canell Jackson, wen ook haar afdeling met ‘n nasionale kwalifiserende telling en verwerf haar provinsiale kleure in die binnenshuise afdeling.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first