Die Larries neem aan Top Skole deel

07 November 2017  Read: 261

 

Na afloop van die suksesvolle swemgala by Tzaneen se munisipale swembad twee weke terug, het Laerskool Tzaneen Primary se swemmers aan die jaarlikse Laerskole Top 10 gala deelneem. Die byeenkoms het op Polokwane plaasgevind.

Die laerskole wat daardie Woensdag hier deelgeneem het, was uit verskeie areas in die Mopani Distrik omgewing en het swemmers van Laerskool Phalaborwa, Phalaborwa Noord, Tzaneen, Unicorn en Mariepskop ingesluit. Die skole het “uitgeswem” om te kwalifiseer vir die geleentheid om aan die Top 10 deelteneem.

Laerskool Tzaneen se swemmers het hulself goed van hul taak gekwyt en eindelik as oorwinnaars uit die stryd getreë met Laerskool Phalaborwa in die tweede plek en Unicorn in derde.

Die Larries het meeste van die items heeltemal gedomineer met ses goue medaljes, drie silwer en drie brons in die 4x50m vryslag aflosse en ses goud, twee silwer en drie brons in die 4x50m wisselslag aflosse. As individue het die Larries swemmers ook hul kant gebring met ‘n totaal van 21 goud, 19 silwer en drie brons medaljes.

Die Top 10 Skole gala was ‘n strawwe stryd vir die Larries gewees. Hulle het kragte gemeet teen sterk skole soos Potgiersrus se Laerskool Krugerpark wat die sterk gunstelling was om die wenbeker terug huis toe te vat. Laerskool Phalaborwa en Unicorn was ook daar asook Oosskool, Curro Heuwelkruin, Ellisras, Bosveld, Groblersdal en Warmbad.

Vir 'n volledige berig en uitslae, lees hierdie week se Bulletin.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first