Vossies is top 10 wenners

13 February 2018  Read: 57

 

Verlede Vrydag, het Hoërskool Ben Vorster se atlete aan die Janus Robberts atletiekuitnodigingsbyeenkoms in Polokwane deelgeneem.  Die sewe skole teenwoordig op die dag was Ben Vorster, Frans du Toit, Hans Strijdom, Merensky, Hoërskool Pietersburg, Piet Potgieter en Tom Naudé.  Die kompetisie was straf met die beste atlete uit al die skole wat mekaar behoorlik die stryd aangesê het, maar op die ou-einde was dit tog die Rooimasjien wat met die loure weggestap het. Die Vossies het die Top 10-trofee vir die dag verower.

Ben Vorster se atlete het vyf rekords ook verbeter, en spog met altesaam 27 goud-, 23 silwer- en 24 brons medaljes.

Die Junior Victor Lodorum-trofeë is deur O/14 reus,Tebogo Mkhomazi  verower terwyl die Top Junior seuns atleet van die dag toekenning aan Tshego Ramaloka oorhandig is.  Ramaloka het op die dag die O/14 90m-hekkies rekord verbeter na 12,87 toe asook die rekord vir sy ouderdomsgroep se verspring met ’n sprong van 5.79m.

Die O/14 hekkiesatleet,Tabogo Mkhomaza, het die 300m-hekkie rekord verbeter met ‘n tyd van 43,10s. Die seuns O/14-aflosspan het eerste oor die wenstreep genaal om nog ’n goue medalje huis toe te bring. Dié span het ook die bestaande rekord gebreek.

Jolandi van der Merwe het ook ’n nuwe rekord opgestel met haar eerste plek vir O/15 dogters spiesgooi.  Die nuwe rekord staan nou op 38,88m.  

Nas afleiding van die skool se prestasie in Polokwane wild it blyk asof die nuwe groep atlete wat deur die poorte van Vossieland ingestroom het, ‘n aanwins vir die Vossies gaan wees. Die mederheid van die top atlete kom uit die Laerskool Tzaneen Primary stal, waar hul baie duidelik aan top gehalte afrigting blootgestel is.

Janus Robberts atletiek-uitnodigingbyeenskoms Vossie-atlete uitslae:

Seuns
Paballo Legodi         O/14    1ste plek 100m
Tebogo Mkhomazi   O/14    1ste plek 300m-hekkies (rekord 43,10s) ; 400m  en 3de plek verspring
Tshego Ramaloka         O/14    1ste plek 90m-hekkis (rekord 12,87s) ; verspring (rekord 5,79m)
Kagiso Ramoloto         O/14    2de plek hoogspring
Arno Roets         O/14    1ste plek spiesgooi ; gewigstoot
Erich Ackermann         O/15    1ste plek hoogspring
Shane Mushwana         O/15    3de plek 300m-hekkies
Nhlamulo shilubane     O/15    2de plek hoogspring
Renzo du Plessis         O/16    2de plek 400m en 400m-hekkies
Kabelo Kgohloane     O/16    2de plek 1 500m
Sean Roulston         O/16    1ste plek 110m-hekkies en 3de plek verspring
Thabang Sejake         O/16    2de plek 100m en 3de plek 200m
Meyer Vorster         O/17    1ste plek hoogspring en 3de plek 110m-hekkies
Rickus Nel         O/17    1ste plek diskus en 2de plek gewigstoot
Christiaan Smit         O/17    2de plek 100m
James Vorster         O/17    2de plek spiesgooi
Jaco de la Rey         O/19    2de plek spiesgooi
DJ du Preez         O/19    3de plek diskus
Melvin Maake         O/19    1ste plek 110m-hekkies ; 400m-hekkies
Thabang Mathole         O/19    1ste plek verspring
Duncan Mohale         O/19    3de plek 3 000m
Shima Molepo         O/19    1ste plek 200m 1ste plek en 2de plek 100m
Jason Mulder         O/19    1ste plek hoogspring
Thapelo Ramoshaba     O/19    1ste plek gewigstoot en 2de plek hoogspring
Andzani Sithole         O/19    3de plek 800m

Meisies
Nachandré de Lange     O/14    2de plek 90m-hekkies en 3de plek 300m-hekkies
Heiletje Le Roux         O/14    2de plek gewigstoot
Vunene Mabaza         O/14    1ste plek gewigstoot
Risima Ngobeni         O/14    1ste plek hoogspring en 2de plek verspring
Khanyisa Rikhotso     O/14    1ste plek verspring
Joalize smit         O/14    3de plek 100m en 200m
Jolene Cordier         O/15    3de plek 200m en 400m
Anika Bezuidenhout     O/15    3de plek spiesgooi
Elsje Kriel         O/15    2de plek 100m
Reretilwe Letsoalo     O/15    3de plek diskus
Palesa Montle         O/15    2de plek 1 500m ; 800m
Shammer Ngobeni     O/15    1ste plek hoogspring
Jolandi van der Merwe     O/15     1ste plek spiesgooi (rekord 38,88m) en 3de plek gewigstoot
Nicole Bergsma         O/16    2de plek diskus
Somisa Nkwashu         O/16    2de plek 400m-hekkies
Rene Thete         O/16    3de plek 800m
Nxalati Mashimbye     O/17    3de plek 100m- en 400m-hekkies
Nthabiseng Ramathwala     O/17    1ste plek hoogspring en 2de plek driesprong
Lourencia dan Dyk     O/17    1ste plek spiesgooi, 2de plek gewigstoot en 3de plek diskus
Nielia Bliganut         O/19    1ste plek 100m- en 400m-hekkies en 3de plek hoogspring
Dudu Mokwena         O/19    3de plek 400m
Makgomo Nkoano     O/19    1ste plek spiesgooi
Anzelle Pearson         O/19    2de plek 1 500m en 3de plek 800m

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first