Vossie-netbal begin met agt uit die nege!

13 March 2018  Read: 100

 

Verlede Saterdag het Ben Vorster kragte teen Hoërskool Frikkie Meyer in die PUK-reeks netbal toernooi gemeet. Die Rooies het agt uit die nege wedstryde gewen.  

Die O/14A-span het baie mooi gespeel en hulle teenstanders met 29-18 getroef terwyl die O/14B-span ook gewys het hoeveel diepte in hierdie groep is deur met 28-12 te seëvier.  

Die O15A-span het gesukkel om die oorhand te kry, maar tog die knoop deurgehaak en met 19-12 gewen.  Die O/15B-span het koning gekraai met 16-13 terwyl die O/16A’s goeie netbal opgedis en soos ‘n geoliede masjien gespeel het. Hul wentelling was 21-10.  

Die O/16B-span het geen teenkanting gehad nie en het met ‘n telling van 27-3 van die baan gestap.  Die senior dogters (O/17A-span) het van meet af die krane oopgedraai en die doele een na die ander ingeryg om met ‘n sege van 31-8 klaar te maak.  Die Tweede-span het egter die knie net-net gebuig teen die span van Frikkie Meyer en 16-18 verloor.

Die Vossies se NTT-Toyota Eerste span het tydens die eerste kwart bietjie gesukkel, maar vanaf die tweede kwart mekaar gevind en akkurate bewegings uitgevoer. Die Vossie-doel, Lati Mokoro, het met haar akkurate doelwerk die Vossies gou laat asem skep. Die verdedigers, Nielia Blignaut en Dora Maloba, het dit vir die doele van Frikkie Meyer baie moeilik gemaak om enigsins in die sirkel te kan beweeg en verseker dat hul span met ‘n telling van 37-19 seevier.

Die naweek se kragmeting teen Klerksdorp behoort veel sterker teenkanting te wees.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first