Die NTK Rugbyweek

16 April 2018  Read: 77

 

Hoërskool Merensky het weer vanaf 3 April hul jaarlikse NTK Rugbyweek met groot sukses op Plasiepark aangebied.

Agtien spanne het hul staal gewys op die veld, waarna amptelike O/16- en Eerste-spanne aangewys is wat die VKB-groep internasionaal gaan verteenwoordig.

Oor vier dae is 22 wedstryde gespeel, maar daar is ook gewerk aan vaardighede. Die seuns was bevoorreg om ‘n afrigtingsessie met Gary Botha en sy span by te woon.

Botha is ‘n voormalige rugbyunie speler, wat tussen 2002 en 2013 professioneel as ‘n haker gespeel het. Hy het die meeste van sy loopbaan by die tuisspan, die Blou Bulle en hul geaffilieerde Super Rugby-span, die Bulls deurgebring, maar het ook vir die Haaie, die Harlequins en die Franse Top 14-span, Toulouse, uitgedraf. Hy het tussen 2005 en 2007 in 12 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. In 2015 is hy aangestel as ‘n tegniese konsultant vir die Blou Bulle se voorspelers.

Botha het die Curriebeker-reeks met die Blou Bulle gewen, die Super14-titel met die Bulls en was deel van die Springbok-groep wat die 2007-rugbywêreldbeker gewen het.

Botha het in 2005 sy debuut vir die Springbokke gemaak in ‘n wedstryd teen Australië op Loftus Versfeld-stadion in Pretoria, wat die kaptein, John Smit, vervang het.

Van die O/14-spelers het JC de Lange van PHS, die meeste drieë gedruk en is Merensky se Phillip Ludicke en Carl Dohse onderskeidelik aangewys as die beste buite- en binne-agterlynspelers vir die week.

Heinrich Coetzee en Franco Pretorius van Merensky het erkenning ontvang as die beste vaste- en losvoorspelers. Leonard Smart van PHS was die beste skopper. Merensky het ook trofeë ontvang vir die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het en die beste dissipline gehad het. PHS het die trofee ontvang vir die beste gees.

In die O/15-kamp het Leon Potgieter van PHS die meeste drieë gedruk. Marko Pratt en Marcell Villiers, ook van PHS, het die trofeë vir beste buite- en binne-agterlynspelers ontvang. Vaste voorspeler van die week was Rain Terblanche van Merensky en losvoorspeler, Regardt van der Berg van PHS. Tiaan van der Heever (PHS) het gespog as die beste skopper. PHS is aangewys as die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het met die beste gees.  Merensky se manne is uitgewys as die groep met die beste dissipline.
Onder die O/16’s spog Jan Naudé van Merensky as die speler wat die meeste drieë gedruk het. Andru Miller (beste buite-agterlynspeler en skopper), Jan Naudé (beste binne-agterlynspeler), Dawie van Heerden (beste vaste voorspeler) en Wikus Swart (beste losvoorspeler) het ook van die gewilde NTK-trofeë ontvang. Malibu se breëborsspan het weg-gestap as dié met die beste gees en dissipline. Merensky het die aanskoulikste rugby gespeel.

Eerstespanspeler, Rendani Bulala, van DZJ het die meeste drieë vir die week gedruk. Czezaan Claase (Malibu) en Martin Theunissen (Merensky) is aangewys as beste binne- en buite-agterlynspelers, met Stefan Corbett as vaste- en Calvin Schambriel as losvoorspelers, albei van Merensky. Die beste skopper was Rendani Bulala van DZJ. Malibu XV kon nie anders as om weg te stap met erkenning as span met die beste gees nie, terwyl Mitchell House trots is op die beste dissipline en Merensky die aanskoulikste rugby gespeel het.

Uitslae van wedstryddag 1:

Hudson 0.16A (38) vs Merensky o.16B (14) met speler van die wedstryd: Given Papela (10) van Hudson.
Merensky o.16A (55) vs PHS o.16A (8) met speler van die wedstryd: Jan Naudé (12) van Merensky.
DZJ XV (45) vs Merensky 2 (33) met speler van die wedstryd: Markville Blessie (3) van DZJ.
Hudson XV (34) vs Mitchell House XV (17) met speler van die wedstryd: Rendani Bulala (11) van Hudson.
Merensky XV (41) vs Malibu XV (24) met speler van die wedstryd: Delux Jooste (10) van Merensky.

Uitslae van wedstryddag 2:

Merensky o.15 uitnodigingspan (64) vs Merensky o.14B (5) met speler van die wedstryd: Kobus Smith (13).
Merensky o.14A (19) vs PHS o.14A (10) met speler van die wedstryd: Carl Dohse (9) van Merensky.
PHS o.15B (27) vs Merensky o.15B (5) met speler van die wedstryd: Ditrich Osmors (13) van PHS.
PHS o.15A (21) vs Merensky o.15A (15) met speler van die wedstryd: Regardt van der Berg (7) van PHS.
PHS o.16A (61) vs Merensky o.16B (0) met speler van die wedstryd: Brendon van Niekerk (14) van PHS.
Merensky o.16A (67) vs Malibu 0.16A (5) met speler van die wedstryd: Alexander Nel (7) van Merensky.
DZJ XV (38) vs Mitchell House XV (10) met speler van die wedstryd: Andile Dzavana (9) van DZJ.
Malibu XV (59) vs Merensky 2 (20) met speler van die wedstryd: Liam Parker (12) van Malibu.
Merensky XV (64) vs Hudson XV (0) met speler van die wedstryd: Martin Theunissen (12) van Merensky.

Uitslae van wedstryddag 3:

Merensky o.14A (26) vs Merensky o.15B (21) met speler van die wedstryd: Neil van Vuuren (10).
PHS o.14A (62) vs Merensky o.14B (0) met speler van die wedstryd: Hendro de Beer (2) van PHS.
PHS o.15B (48) vs Merensky o.15 uitnodigingspan (0) met speler van die wedstryd: Leon Potgieter (12) van PHS.
PHS o.15A (28) vs Merensky o.15A (0) met speler van die wedstryd: Tiaan van der Heever (10) van PHS.
Uitslae van wedstryddag 4:
Merensky 2 (52) vs Mitchell House XV (0).
PHS o.16A (12) vs Malibu o.16A (12).
Merensky o.16A (67) vs DZJ (0).
Merensky XV (45) vs Malibu XV (19).

Die NTK spanne is:

o.16-span – Adriaan Halgreen (1) van PHS, Dawie van Heerden (2) van Merensky, Tiaan Tonsing (3) van Merensky, Neil Delport (4) van Merensky, Tiaan Bezuidenhout (5) van PHS, Wi-kus Swart (6) van Merensky, Alexander Nel (7) van Merensky, Keanu Castelyn (8) van PHS, WB Grobler (9) van Merensky, Jason Janse van Rensburg (10) van Merensky, Andru Miller (11) van Merensky, Dewald van Graan (12) van Merensky, Ruan van der Schyff (13) van Merensky, Brandon van Niekerk (14) van PHS en Japie Wentzel (15) van Merensky.

Eerstespan – Stefan Corbett (1) van Merensky, Mandi Stulwani (2) van Malibu, Garreth Spaumer (3) van Merensky, Arno Tonsing (4) van Merensky, Nizaar Phillips (5) van Malibu, Calvin Schambriel (6) van Merensky, Wian Meades (7) van Merensky, Ryno van Burick (8) van Merensky, Josh Labuschagne (9) van Merensky, Delux Jooste (10) van Merensky, Dwazi Maboya (11) van Mitchell House, Liam Parker (12) van Malibu, Martin Theunissen (13) van Merensky, Czezaan Claase (14) van Malibu en Kyle de Jager (15) van Malibu.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first