Fietsry bly groot by Larries

15 May 2018  Read: 114

 

Fietsry, soos swem, is nog altyd groot by Laerskool Tzaneen. Twee naweke terug het so paar van dié skool se fietsryers aan die Nashua Limpopo XCO Fietswedren op Stanford Lake College se gronde gaan deelneem.

Die Larries is goed verteenwoordig met Mark van der Merwe en Pelo Itumeleng Makoti wat beide goed geplaas het in die Nipper-klas vir Seuns. Ilne Kotzé het in die Nipper Dogters afdeling ‘n tweede plek losgery.

In die Sprog Seuns afdeling was Jason Bosman negende met Christo Ferreira wat twaalfde geindig het. In die Sprog Dogters afdeling was Shané van den Heever algeheel vyfde.

Die Larries kyk nou met groot afwagting na die res van die seisoen se wedrenne en vertrou dat hierdie nuwe groep fietsryers hul goeie prestasies sal herhaal.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first