Mans top in Limpopo

23 May 2018  Read: 255

 

Megan-Lee Mans is huidiglik die nommer een O/12 tennis speler in die provinsie. Dit volg nadat Mans al haar wedstryde verlede naweek in die O/12 ouderdomsgroep gewen het.

Mans het saam met haar spanmaats, Sumari Vorster en JP Botha aan die Limpopo Tennis proewe in Polokwane deelgeneem.

Botha het deelgeneem in die O/10 ouderdomsgroep en is die tweede beste speler in sy ouderdomsgroep in Limpopo terwyl Vorster vyfde in die O/12 ouderdomsgroep lê.

Daar is nog ‘n rondte proewe wat voorlê en ook deelname aan twee interprovinsiale- en TSA-toernooie voordat die span gekies word wat aan die SA Skole Kampioenskappe gaan deelneem.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first