Oud-Vossie presteer!

21 May 2018  Read: 78

 

Carmen Botha het in 2016 by die Hoërskool Ben Vorster gematrikuleer.  Sy het haar atletiekloopbaan in Amerika by Hillsdale College gaan voortsit.

Op Saterdag, 5 Mei 2018, het sy aan die “Great Midwest Athletic Conference Championships” se atletiekbyeenkoms deelgeneem en puik presteer en die uitslae was as volg:

• 1ste plek (met ‘n nuwe rekord van 62,43 sekondes) in die 400m-hekkies.
• 3de plek (met 14,39 sekondes) in die 100m-hekkies.
• 2de plek in die 4 x 400m-aflos (met ‘n tyd van 57,70 sekondes).
• Die Hilsdale College damesspan het algeheel 1ste gekom.

Die Vossies is werklik trots op Carmen en wens haar sterkte toe vir die res van haar atletiekseisoen!

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first