Ben Vorster maak geskiedenis

12 June 2018  Read: 70

 

Hoërskool Ben Vorster se netbal het by die afgelope naweek se Provinsiale Netbal Kampioenskappe bewys gelewer van hul vasberadenheid om as die beste in die kontrei geken te word. Die Vossie netbalspanne het skoonskip gemaak in al die ouderdomsgroepe.

Die O/14-span speel in uitspeelrondtes teen die volgende spanne en wen al hul wedstryde: Hoërskool Ellisras 10-4, Hoërskool Ben Viljoen 22-8 en Hoërskool Noorderland 15-6.  In die semi-finaal kom die Vossies te staan teen Hoërskool Merensky en wen met 19-6.  Die finaal was tussen die Vossies en Hoërskool Pietersburg en het vir skitterende netbal gesorg.  Ben Vorster het die wedstryd naelskraap met 9-7 gewen.

Die O/16-span wen ook al hul uitspeelrondtes teen die volgende skole:  Hoërskool Louis Trichardt 15-3, Hoërskool Frikkie Meyer 11-8 en Hoërskool Ben Viljoen 17-4.  In die semi-finaal speel hulle teen Hoërskool Pietersburg en wen 14-6.  Die finale vind tussen die Vossies en Hoërskool Merensky plaas en die Vossies wen 9-6.

Die O/17-span speel, en wen, in een afdeling teen die volgende skole: Hoërskool Pietersburg (18-13), Hoërskool Heuwelkruin (28-3), Hoërskool Frikkie Meyer (17-8).  

In die senior wedstryde het die O/19 NTT Toyota span nie teleurgestel nie. Die dogters was in titaniese stryde betrokke gedurende die uitspeelrondtes.  Hul speel teen Hoërskool Ben Viljoen en wen met slegs een doel op 19-18, teen Hoërskool Warmbad wen hul met ‘n telling van 17-6 en teen Hoërskool Heuwelkruin verloor hul met net twee doele in doodsnikke van die wedstryde met 12-14.  

Later het die span teen Frikkie Meyer in die semi-finale rondtes te staan gekom. Ben Vors-ter het goed gespeel en alles uit die sak gehaal om die wedstryd met 18-16 te wen.

Dit was in die finaal wat Ben Vorster wéér vir Huiwelkruin ontmoet het. Hierdie keer was hul opsoek na vergelding en het die Vossie-dogters met oortuiging die baan betreë. Na ‘n geweldige stryd was dit uiteindelik Huiwelkruin wat die knieë moes buig na ‘n 20-19 oorwinning.

Die Hoërskool Ben Vorster is na afloop van die toernooi as die Algehele Beste Netbalskool in Limpopo aangewys. Die O/15-kampioenskappe vind die naweek van 4 Augustus by Hoërskool Ben Viljoen plaas en word geborg deur die Motsepe Stigting.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first