Tour de Plaas is bobaas

07 August 2018  Read: 107

 

Plasieland was bevoorreg om op Saterdag, 28 Julie, hordes fietsryers te verwelkom by die jaarlikse Tour de Plaas, wat deel uitmaak van Spur Skole XCO-reeks.

17 Fietsryers van Hoërskool Merensky het deelgeneem. Die speke het behoorlik gesing oor hierdie unieke baan, tussen plantasies, boorde, damme en strome.

Gelukwense aan Sheldon Muller, Armand Cronjé en Janke Joubert wat podiumposisies losgery het. Muller het sy reputasie gestand gedoen en eerste geeindig in die Junior Seuns-afdeling. Cronjé het in dieselfde afdeling ‘n tweedeplek losgetrap, terwyl Joubert tweede geeindig het in die Sub Junior Meisies-afdeling.

Annalene Rood en Jodi Spaumer het as “Youth Girls” ‘n vyfde- en negendeplek beklee. Nicolene Ras was sesde van die Junior Meisies, terwyl Stephan Janse van Rensburg (Sub Junior Seuns) negende oor die eindstreep getrap het.

Die Plasie-fietsryers bedank graag vir Zander Ernst van Allesbeste vir die nuwe spandrag wat Saterdag die eerste keer gedra is.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first