Westerns sluit jaar af

08 August 2018  Read: 131

 

Tydens die sesde en ook die laaste kwalifiseerende Western Mounted Games skole kompetisie wat verlede Saterdag op Dusty Hill aangebied is, is twee provinsiale rekords verbeter. Salome Lombaard met haar perd, Belmonty, het die Poles 2 voltooi in 23.948 sekondes en Adriaan van Brakel het met Sidarmi Saartjie die Figure 8 Flags in 12.637 sekondes kaf gedraf.

Dit was ‘n feestelike dag en elke ruiter was opgewonde om tydens die laaste kompetisie van die jaar hul beste te wys.  Die nasionale kampioenskappe is om die draai en hierdie was die laaste geleentheid om vir die beoordelaars te wys dat hulle die span werd is.

Op vlak 0 is Sujanna Olivier algeheel Eerste met Minette Wolmarans en Anya Beukes wat die Derde plek deel. Dalienke Grobbelaar is Vyfde en broer David-Nel Sewende. In die hoërskole afdeling is Dominique algeheel Eerste.

In Vlak 1 neem Annabel Kotzee die Eerste plek en AJ van der Westhuizen die Tweede plek . In die hoërskole afdeling is Hannes van der Merwe as algeheel Eerste bekroon.

Op Vlak 4 neem De La Rey Kotzee die Tweede plek en Stefaans van Jaarsveld die Derde plek. Tharishca van der Walt neem in die hoërskole die Eerste plek en Salome Lombard die Tweede en Vierde plekke met Spook en Belmonty onderskeidelik. Savannah Sparrow eindig in die Derde plek en Dylon Bond vat die Vyfde posisie.

Dawie van Jaarsveld is die algehele wenner op Vlak 5, met Adriaan van Brakel in die Tweede en Genevieve van der Merwe in die Derde plek.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first